catherineodendal님의 저널, 2016년 03월 30일

Op en Af, dit is hoe ek rol. Wilskrag en deursettingsvermoe is wat ek kort. Ek is goed met my hande en suksesvol in beplanning en organisering van alles rondom my, maar ek, ek kan nie eens my eie vet beheer en organiseer nie, dit is hier waar ek net nie omgee om te luister om die regte dinge te doen nie. Ek het nie meer ingevul wat ek daagliks eet nie, het ophou om my twee bottels 750ml water te drink en het ophou luister na die stemmetjie wat se jy het genoeg geeet...so kom ek vandag weereens tot die besef dat ek moet doen dit wat reg is, vra die Here daagliks om my te help.
Ek sukkel nou al met 'n verkoue en 'n gehoes vir 3 weke, dit is pille en hoesmedisyne en suigtablette, alles wat jou eetlus omvergooi.
Dit was my man se 50ste verjaarsdag en ek het alles gereel en organiseer.Ons het 'n wonderlike tyd saam met van sy kliente, vriende en familie om die ontbyt gedoen by Maestro's on the Beach. Dit was 'n reuse sukses. Ek het vir hom 'n Harley Davidson gekoop en hy is baie opgewonde oor sy geskenk.
Daarna was dit Paasnaweek. Ons het kerk toegegaan en die diens geniet. Paasbolletjies en paaseiers was natuurlik ons stapelvoedsel gewees. Ons het die naweek afgesluit met familie waar ek 'n pot lamskerrie, rys, lensies en roti's gekook en bedien het. Dit was die verloop van my drie weke. Nou moet ek weer my gedagtes draai, drink jou water, kyk wat jy eet en luister na die stemmetjie as jy genoeg het. Geniet die Woensdag.
119.6 kg 지금까지 감소한: 9.4 kg.    남은양: 39.6 kg.    다이어트 실행도: 잘 따르지 않음.

다이어트 캘린더 보기, 2016년 03월 30일:
1121 kcal 지방: 38.75g | 단백질: 51.39g | 탄수화물: 144.88g.   아침 식사: Reese Holland Rusk, Coffee with Milk. 점심 식사: Tea with Milk, Ricotta Cheese, Tomatoes, Lettuce, Cooked Mushrooms (from Fresh), Muir Glen Homestyle Split Pea Soup. 저녁 식사: Chicken or Turkey Stew with Potatoes and Vegetables in Gravy, Couscous (Cooked). 간식/기타: Tea with Milk, Olive Garden Dark Chocolate Cake with Chocolate Mousse & Caramel Cream. 더보기
2888 kcal 운동: 휴식 - 14 시간, 숙면 - 10 시간. 더보기
주 1.3 kg 증가하기

1명이 응원합니다    응원하기   


     
 

댓글달기


이 요리법에 댓글을 다시려면 로그인해야합니다. 여기를 클릭하여 로그인하세요
 


catherineodendal님의 체중기록


앱 다운로드
    
© 2024 FatSecret. 판권소유